Faan se Trein is ’n 2014-rolprent gebaseer op die verhoogstukke, Faan se Trein en Faan se Stasie, deur Pieter Fourie. Dit speel af in die laat vyftigerjare en gaan oor ’n eenvoudige middeljarige man op ’n klein Karoodorpie wat nooit verby die onskuld en eenvoud van ’n jong kind ontwikkel het nie. Wanneer sy pa sterf, los hy al sy besittings om tussen Faan en die kerk verdeel te word. Onmiddellik verskeur gierigheid die gemeenskap… totdat liefde hulle weer tot hulle sinne bring. Die rolprent is gebaseer op die gelyknamige toneelstuk wat in 1970 deur Pieter Fourie geskryf is. Tydens die openingsnaweek het dit R1,4 miljoen by die loket verdien, toe sowat 32 000 mense daarna gaan kyk het.
Developed by StudentB